Reho Spa se opening vir eers uitgestel

Die Rehoboth Dorpsraad het aangekondig dat die opening van Reho Spa tot verdere kennisgewing uitgestel is. Dit kom nadat Amanda Groenewaldt, die ondervoorsitter van die Rehoboth Dorpsraad se bestuurskomitee, verlede jaar gesê het dat die heropening in Desember sal plaasvind. Volgens berigte sal die eerste opknappingsfase areas soos die swembaddens, kiosk, ontvangs en braai-areas insluit. Rehoboth burgemeester Justin Coetzee sê die bungalows sal eers toe bly vir opknappingswerk en daar sal ook ‘n fase 3 wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *