Oekraïne neem twee gewonde Noord-Koreane gevange

Twee gewonde Noord-Koreaanse soldate is deur Oekraïense troepe in Rusland se Koersk-oblast gevange geneem. Oekraïnse president Volodymyr Zelensky sê die twee mans kry die nodige mediese bystand en word deur die Veiligheidsdiens van Oekraïne in Kiev as krygsgevangenes aangehou. Hy sê hy is dankbaar dat Oekraïense valskermsoldate en die spesiale operasiemagte die Noord-Koreane gevange geneem het, want dit is nie ‘n maklike taak nie. Hy beweer dat gewonde Noord-Koreane gewoonlik deur hul makkers tereggestel word om enige bewyse van Noord-Korea se betrokkenheid by die oorlog teen Oekraïne uit te wis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *