Monfils, 38, word oudste toervlakkampioen ooit
Tennis: Fransman Gael Monfils het geskiedenis gemaak deur die oudste toervlakkampioen te word sedert die Australiese legende Ken Rosewell in 1977. Die 38-jarige het Zizou Bergs van België met 6-3, 6-4, verslaan en daarmee die ASB Classic in Auckland ingepalm. Dit is sy 13de toervlaktitel en sy eerste sedert die 2023 Nordiese Ope in Stockholm. Monfils sê ondanks sy naderende uittrede, voel hy steeds goed oor sy spel.