Michelle McLean waarsku oor sosiale media bedrogspul
Michelle McLean, wat die kroon vir Namibië by Mej. Heelal in 1992 verower het, waarsku oor ‘n bedrogspul wat onder haar naam op sosiale media uitgevoer word. Sy sê haar naam, beeld, stem en goeie reputasie word bedrieglik en sonder haar toestemming gebruik, om ‘n beweerde beleggingskema genaamd “Diamond Profit” te bevorder. Die plasings repliseer ook Nuus24 en News24 se baniere. McLean onderskryf nie die skema nie en het dit nie gemagtig om enigiets wat met haar verband hou, te gebruik nie. Sy het reeds die skelmspul by Facebook gerapporteer. Sy vra dat enigiemand wat plasings oor Diamond Profit sien, dit onmiddelik moet rapporteer as ‘n bedrogspul of vals inligting.