Cyril dreig korrupte ANC-lede met skorsing
Die ANC-president, Cyril Ramaphosa het gewaarsku korrupte lede en afpersers in die party loop gevaar om geskors te word en het beklemtoon die ANC staar ‘n eksistensiële krisis in die gesig. Ramaphosa het gister die 8 Januarie-verklaring in Khayelitsha in die Wes-Kaap gelewer. Hy het 2025 as ‘n jaar van hernuwing verklaar, met die fokus op die versterking van ANC-takke, die verbetering van bestuur en die implementering van gevolgebestuur. Hy het ook klem gelê op pogings om te herbou en aanspreeklikheid van leierskap te verbeter.