ATM vra geregtigheid na dodelike skietery in taverne
Die African Transformation Movement eis ‘n deeglike ondersoek en die vinnige arres van die oortreders wat verantwoordelik was vir die skietery in ‘n taverne in Pienaar, Mpumalanga. Agt mense is Saterdag in die vroeë oggendure doodgeskiet en vyf gewond. Die beweging se woordvoerder, Zama Ntshona, sê huidige polisiestatistiek toon ‘n kommerwekkende situasie in die provinsie, met meer as 300 moorde wat in die eerste kwartaal van die 2024/2025-boekjaar aangemeld is.