Veldren-jaers Branch, Cox uit Dakar-ren
Ross Branch van Botswana, die huidige Wêreld Rally-Raid kampioen, is uit die Dakar-ren in Saoedi-Arabië na hy by vandag se 48 km-merk ‘n ongeluk gemaak het. Na ‘n aanvanklike mediese ondersoek het hy na ‘n helikopter gestap en is na die hospitaal geneem. Ross, wat beskou word as een van die beste veldmotorfiets-jaers in die wêreld, was in die algehele vierde plek ten tyde van sy onttrekking. Die veldfiets-jaer Bradley Cox van Suid-Afrika het ook onttrek na hy 100m na die wegspring in ‘n ongeluk was. Hy was in die algeheel twaalfde plek.