Transnet kry gou eerste private treinoperateurs
Die onlangs gevestigde Transnet-bestuur vir Spoorinfrastruktuur gaan na sy netwerkverklaring in Desember sy eerste spoorgleuwe aan private treinoperateurs toeken. Die tussentydse uitvoerende hoof, Moshe Motlohi, het aan Engineering News gesê aansoeke sluit 7 Februarie, met suksesvolle operateurs wat oor 60 dae bekend gemaak word. Aanvanklike roetes sluit in verskeping van mangaan, ystererts en vraghouers. Motlohi sê die agterstand met instandhouding en die verkryging van befondsing kry voorrang aangesien Transnet daarna streef om teen 2030 ‘n teiken van 250-miljoen-ton te bereik.