Toulouse pak sy span met sterre vir Haaie-kragmeting

Rugby: Die houers van die Kampioenebeker, Toulouse, het ʼn sterbelaaide span gekies teen die Haaie in Durban. Frankryk se kaptein, Antoine Dupont, lei van voor af. Tomas Ramos begin op heelagter en sal gevaarlik wees op die aanval met vleuels Matthias Lebel en Blair Kinghorn. Die Argentynse senter, Santiago Chocobares, speel saam met Pierre-Louis Barassi. Dupont en Romain Ntamack is die skakelpaar. Die Engelse toetsspeler, Jack Willis, is op nommer agt. Toulouse het nog internasionale sterre op die bank naamlik Julien Marchand, Cyril Baille en Ange Capuozzo.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *