Shell-aankondiging ‘bepaal nie land se olie-vooruitsigte’

Shell se aankondiging oor die finansiële onlewensvatbaarheid van sy ontdekkings in PEL39 kring steeds uit. Energieminister Tom Alweendo het in antwoord gesê dit sal nie Namibië se olie- en gasontwikkeling belemmer nie. Alweendo het optimisme uitgespreek oor die oorblywende potensiaal in PEL39 en voortgesette eksplorasieveldtogte. Hy het TotalEnergies se vordering in Blok 2913B en Galp se pogings in die Mopane-kompleks uitgelig, terwyl Chevron ook besig is om die Kapana 1X-put te boor. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Graham Hopwood, die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat die minister gelyk gee.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *