Miljoene kinders in Soedan staar akute wanvoeding in gesig

Nagenoeg 3,2 miljoen kinders onder die ouderdom van vyf in die oorloggeteisterde Soedan sal na verwagting vanjaar akute wanvoeding in die gesig staar. Volgens die Verenigde Nasies se Kinderfonds sal ongeveer 772 000 van hierdie kinders waarskynlik aan ernstige akute wanvoeding ly. Tienduisende mense is dood in die oorlog van 20 maande tussen die Soedanese weermag en die paramilitêre Rapid Support Forces. Volgens die Verenigde Nasies is 12-miljoen mense ontwortel in een van die wêreld se grootste ontheemdingskrisisse.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *