Iveco-bussie dra 52 passasiers, 7-sitplek taxi had 14

Oorlading van Iveco-busse en sewe-sitplek taxis wat vanaf die noordelike streke na Windhoek reis na die vakansie is steeds ‘n groot probleem. Verskeie van die voertuie is by die Otjiwarongo padblokkade op die B1-pad afgetrek. Iveco-busse het gewoonlik sitplek vir maksimum 26 passasiers, maar een van die afgetrekte voertuie het 52 passasiers gedra. ‘n Ander het 40 passasiers gehad. Sewe-sitplek taxi’s word ook erg oorlaai, met verskeie wat meer as 9 passasiers gehad het. In een geval het ‘n sewe-sitplek taxi 14 passasiers aan boord gehad.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *