Werkers sal heropleiding moet ontvang om relevant te bly

Sowat 22 persent van globale werksgeleenthede sal teen 2030 ontwrig word deur kunsmatige intelligensie, demografiese verskuiwings en ekonomiese druk. Dit is volgens ‘n verslag van die Wêreld Ekonomiese Forum, wat sê heropleiding sal van kritieke belang wees om in die nuwe aanvraag na tegnologie en mensgesentreerde vaardighede te voldoen. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die arbeidskenner Tim Parkhouse, wat sê Namibiese opleidingsinstansies sal moet wakker word en werkers moet ook bereid wees om aan te hou leer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *