Wêreldbank stel Nam-vyfjaarplan bekend

Die Wêreldbank het ‘n Vennootskapsraamwerk van vyf jaar vir Namibië bekendgestel, met die fokus vanaf 2025 tot 2029 op werkskepping en verbeterde toegang tot staatsdiens. Die raamwerk is aangepas vir Namibië se Visie 2030 en die Harambee-voorspoedplan en is gemik op hernubare energie, groei in die privaat sektor, en verbeterde gesondheids-, onderwys- en behuisingsdienste. Digitale transformasie is ‘n sleuteltema om ekonomiese groei en veerkragtigheid ‘n hupstoot te gee. Verteenwoordigers van die Wêreldbank lê klem op die bevordering van privaat belegging en die ontsluiting van Namibië se potensiaal vir inklusiewe, volhoubare ontwikkeling. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *