Verdediging soek verblyf van 9 maande vir 120 personeel wat in Whk swot

Die verdedigingsministerie het ‘n tender uitgesit en in die media gepubliseer. Hy is op soek na verblyf vir nege maande vir 120 van sy personeel, binne ‘n 5 kilometer radius van die hoof Unam-kampus, in Windhoek. Volgens kolonel Petrus Shilumbu, woordvoerder van die ministerie, bied die weermag aan sy personeel die geleentheid om militêre wetenskap by Unam te studeer en daarom die vraag na die reuse hoeveelheid akkommodasie vir nege maande. Shilumbu wou nie uitbrei oor wat nog vir hulle rekening is in die verband is nie. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *