Varswaterspesies, 23 500 van hulle, is uiters kwesbaar
‘n Onlangse referaat in die tydskrif, Nature, toon bykans 25 persent van die 23 500 varswaterspesies loop gevaar om uit te sterf, en word geklassifiseer as kwesbaar, bedreig of krities bedreig. Die medevoorsitter van die Varswaterbewaringskomitee, Ian Harrison, skryf dit toe aan ondermeer besoedeling en klimaatsverandering. Harrison beklemtoon varswater-ekosisteme is noodsaaklike reservoirs vir biodiversiteit, maar word steeds bedreig. Hy vra vir optrede teen besoedeling, habitatverlies en indringerspesies: