Pasgebore baba net-net in Opuwo gered

’n Twee dae oue baba in Opuwo het Woensdagaand geluk aan haar kant gehad toe ’n verbyganger haar hoor huil het. Die NBC berig ‘n 18-jarige ma is opgespoor nadat sy die baba, net na sy geboorte geskenk het in ‘n kombers toegedraai het en daar gelos het. Nampol se hoofinspekteur Vehangaiza Hindjou, sê dat hulle omstreeks half-nege in kennis gestel is van die voorval. Die ma is opgespoor met inwendige bloeding by haar huis, waar haar ander kind, 2 jaar oud, by haar was. Sy word medies behandel en is in die sorg van ‘n maatskaplike werker. Klagtes is nog nie gebring nie. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *