Whk-ampsdraers tree eenvoudig in eie belang op
Die Stad Windhoek het 2025 begin sonder belangrike ampsdraers, insluitend ‘n burgemeester, onderburgemeester en bestuurskomiteevoorsitter, weens vertragings in raadsverkiesings oor ‘n gebrek aan kworum en kansellasies. Moses Matyayi, die Stad se uitvoerende hoof, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die raad steeds konsulteer oor wanneer om byeen te kom, waarskynlik volgende week. Hy het opgemerk dat raadslede informeel vergader het om die dooiepunt op te los. Kosmos 94.1 Nuus het met bestuurskenner dr. Marius Kudumo gesels wat sê dat die raadslede se gedrag daarop dui dat hulle slegs in eie belang optree en nie vir die stad se inwoners nie.