Vyf tot dusver dood in LA-brande
Die dodetal in veldbrande wat in die Los Angeles-gebied in Amerika woed, het tot vyf gestyg en meer as ʼn duisend strukture is vernietig. Amptenare berig die brande in Palisades, Eaton, Hurst, Woodley en Lidia is heeltemal buite beheer terwyl sterk wind en uitgeputte hulpbronne die brandspanne kniehalter. Meer as 100 000 mense in Eaton moes hul wonings verlaat en 37 000 het van die Palisades-brand gevlug. Los Angeles se brandweerhoof, Kristin Crowley, sê die brande versprei steeds vinnig: