Voedselpryse styg weer in Desember

Inflasie is effe op na 3,4 persent in Desember, vanaf 3 persent wat in November aangeteken is. In sy verbruikers prysindeks, sê die Namibiese Statistieke-agentskap dat vrugte met 13,1 persent op is, en koffie en tee met 8,2 persent. Olies en vette is 6,9 persent duurder met brood en grane wat jou 6,7 persent meer uit die sak jaag. Suiker-produkte is op met 6,6 persent en vleis, 6,5 persent. Vis is 6 persent duurder en groente, 4,4 persent. Suiwelprodukte het jou 1,5 persent meer gekos. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *