UK Athletics en sy oud-hoof aangekla van manslag
UK Athletics word aangekla van korporatiewe manslag, en sy voormalige hoof van sport, Keith Davies, van growwe nalatige manslag na die dood van ʼn Paralimpiese gewigstoter in 2017. Abdullah Hayayei het gereed gemaak om die Verenigde Arabiese Emirate by die Wêreld Para-atlektiekkampioenskap in gewigstoot, skyfwerp en spiesgooi te verteenwoordig toe ʼn metaalhok op hom geval het. Die tragedie het by Newham-ontspanningsentrum in Londen plaasgevind. UK Athletics en Davies sal op 31 Januarie in die Westminster-landdroshof verskyn.