Starmer en Macron vergader oor Musk en ander dinge
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, voer vandag in Brittanje samesprekings met die Franse president, Emmanuel Macron. Die vergadering volg nadat die twee leiers hulle vroeër vandeesweek sterk teen die tegnologie-miljardêr, Elon Musk, uitgespreek het oor sy toenemende inmenging in binnelandse Europese politiek. Starmer sal Macron by sy plattelandse ampswoning, Chequers, in Buckinghamshire naby Londen ontvang. Die samesprekings sal fokus op gebiede van samewerking en gedeelde globale uitdagings, insluitend ondersteuning vir Oekraïne, tegnologie en kunsmatige intelligensie, groei en die onwettige migrasie.