Singapoer se paspoort steeds sterkste in wêreld
Singapoer het steeds die wêreld se sterkste paspoort. Dit is volgens die 2025 Henley-paspoortindeks, wat paspoorte beoordeel volgens die aantal bestemmings wat mense kan bereik sonder ‘n visum. Singapoer se paspoort bied visum-vrye toegang tot 195 uit 227 wêreldbestemmings. Japan is tweede op die ranglys, met ‘n oop deur na 193 bestemmings. Frankryk, Duitsland, Italië, Spanje, Finland en Suid-Korea is gesamentlik derde met toegang tot 192 bestemmings sonder ‘n visum.