Regering moet dringend ingryp by Stilfontein: GOOD Party

Die GOOD Party sê die Stilfontein-mynkrisis in Noordwes is ‘n humanitêre ramp en vereis dringende regeringsingryping. Meer as 500 onwettige mynwerkers is ná meer as drie maande steeds ondergronds vasgekeer en verskeie sterftes is reeds aangemeld. Die party beskuldig die regering van die skending van grondwetlike regte omdat reddingspogings blokkeer word en die maatskaplik-ekonomiese kwessies wat onwettige mynbou aandryf, nie aangespreek word nie. Die party se sekretaris-generaal, Brett Herron, waarsku dit word een van Suid-Afrika se ergste humanitêre mislukkings.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *