Prins William prys Kate op haar 43ste verjaardag
Die prinses van Wallis, Catherine, word vandag 43. Haar man, prins William, het haar geprys oor haar krag in die afgelope jaar met haar stryd teen kanker. Kate, soos sy alom bekend staan, het verlede Maart onthul sy is met kanker gediagnoseer, maar nie die soort kanker bekendgemaak nie. William het ‘n foto van ‘n glimlaggende Kate op sosiale media geplaas met sy verjaardagboodskap wat gerig was “aan die ongelooflikste vrou en ma”. Hy het geskyf die krag wat sy die afgelope jaar getoon het, was merkwaardig. Hy het verder gesê George, Charlotte, Louis en hy is baie trots op haar. Die prins het geëindig met “baie geluk met jou verjaarsdag, Catherine. Ons is lief vir jou”.