PEL39: Namcor sê Shell het hom nog nie ingelig nie

Namcor sê hy is nog nie deur Shell ingelig oor die lewensvatbaarheid van die PEL39 ontdekking nie. Shell het aangekondig hy sal sowat 400 miljoen Amerikaanse dollar afskryf na sy eksplorasiewerk in die Oranje-bekken wat hy as kommersieel onlewensvatbaar ag. Dit word as a reus-knou vir die land se olie-ambisies beskou. Utaara Hoveka van Namcor sê daar is geen wesenlike impak op hom met sy 10 persent aandeelhouding nie omdat hy geensins enige belegging gemaak het nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *