Maasdorp maak ommekeer oor Delia-moord
Wentzel Maasdorp, wat vandag verder sal poog om borg te kry in die Windhoek-laerhof sê hy het Delia Weimers-Maasdorp in haar woonstel in Klein Windhoek tydens ‘n staat van beswyming en ‘n tydelike verlies van sy bewussyn verwurg en kon daarna niks onthou van hoe sy dood is nie. Hy sê hy het nie geweet wat om te doen nie maar het haar motor, selfoon en televisie gesteel en glo verkoop vir kokaïen wat hy sê hy nie gekry het nie. Tydens ‘n skuldbelydens op 3 Mei verlede jaar het Maasdorp erken dat hy haar koelbloedig vermoor het. Hy het gesê sy het hom geklap en vodka in sy gesig gegooi. Die staat sê Weimers-Maasdorp het die verhouding gebreek en iemand anders begin sien en dit was die motief vir die moord. Landdros Monica Andjamba hoor die aansoek aan en Maasdorp word deur Sameul Shinedima verteenwoordig.