Klimaat bedreig landbou

Die uitvoerende hoof van Tal-Tec, Greg Talbot, het beklemtoon klimaatsverandering word ‘n groeiende bedreiging vir die landbou. Dit volg weens weersveranderings wat na bewering die grond en die groei van gewasse beïnvloed met droogtes wat meer gereeld voorkom. Suid-Afrika se lietsjie-oeste is in 2024 beskadig deur veranderende weerpatrone. Talbot het ‘n beroep op boere gedoen om te fokus op doeltreffende watergebruik en grondgesondheid om die uitwerking van klimaatsverandering op die landbou te versag. Hy het aangevoer dit moet in 2025 voorop gestel word om voedselsekerheid en werkskepping te verseker.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *