Italiaanse dorp verbied inwoners om siek te word
Die burgemeester van ‘n klein dorpie in Suid-Italië het ‘n ongewone proklamasie uitgevaardig. Inwoners van Belcastro in die suidelike streek van Calabrië mag nie so siek word dat dit mediese bystand vereis nie, veral ʼn noodgeval. Burgemeester Antonio Torchia sê die proklamasie is ‘n noodkreet, wat die ontoereikende toegang van die dorp tot gesondheidsorg uitlig. Belcastro het ‘n bevolking van ongeveer 1 300 mense van wie die helfte bejaard is. Daar is oor naweke, openbare vakansiedae en na-ure geen dokters beskikbaar nie. Die naaste ongevalle-afdeling is 45 kilometer verder.