IPC, LPM se aansoek oor verkiesings skop in hoogeregshof af
Die hooggeregshof het saakbestuur prosedures begin in die dringende aansoek wat die IPC en LPM gebring het om die uitslag van die verkiesings nietig te laat verklaar. Adjunk-regter-president Hosea Angula, wat die sitting lei, het die dringendheid van die saak beklemtoon. Hy het die regsverteenwoordigers ingelig dat die hof sy uitspraak voor 21 Maart moet lewer. Hy het alle partye versoek om die indiening van alle relevante regsdokumente te bespoedig. Hy het die regsverteenwoordigers ingelig dat die hof sy uitspraak voor 21 Maart moet lewer. Hy het alle partye versoek om die indiening van alle relevante regsdokumente te bespoedig. Die applikante sal hul hoofde van argumente teen 27 Januarie indien, terwyl die respondente hulle s’n op 31 Januarie sal indien. Regter Angula sal die verhoordatum op 3 Februarie aankondig.