Grootste meer in Cuvelai-opvanggebied steeds droog
Die onlangse reënval in die noordelike streke het waterskaarste vir vee verlig en bestaansboere in staat gestel om saaiboerdery te hervat. Die Opononameer in Uuvudhiya, ‘n sleutelwaterbron vir vee, is egter steeds droog. Die meer is sowat 70 kilometer van die Etosha-pan af en is die grootste meer in die Cuvelai-opvanggebied. Ileni Nandjato, ‘n boer in die Ondangwa landelike kiesafdeling in die Oshana-streek, het sy kommer met Kosmos 94.1 Nuus gedeel oor die voortslepende droë toestande en leë damme.