Grense weer aangepas vir groente invoere
Die Namibiese Akkerbouraad het weer grensaanpassings gemaak vir die invoer van groente onder sy Market Share-program. Die grens is gesluit vir beet, botterskorsie, wortels, Engelse komkommers, groen soetrissies, konfyt-tamaties, waatlemoen en soetmielies. Die grens is oop vir kool, gewaste aartappels, pampoen, patats en Iceberg-blaarslaai. Pro-rata invoere word vir gekleurde soetrissies, skorsies, uie, kersie- en ronde tamaties, spanspek en spinasie toegelaat.