FlySafair ondersoek vir verbruikersregte
Die Nasionale Verbruikerskommissie het met ‘n ondersoek na FlySafair begin ná bewerings van oorbespreking en oorverkope. Die kommissie hersien die FlySafair se voldoening aan die Wet op Verbruikersbeskerming en het inligting by die lugdiens aangevra om met die ondersoek te begin. Die hoof van klagtes en ondersoeke, Prudence Moilwa, sê die ondersoek kry voorkeur en het ‘n beroep gedoen op verbruikers wat geraak is om met enige toepaslike inligting na vore te kom: