Die trekkers loop by Hardap!

Dawie de Klerk, die voorsitter van die Hardap Boerevereniging, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat besproeiing by die groenskema teen einde volgende week hervat sal word, met ‘n 20 persent besparing. Produsente sal dus 80 persent van hul normale watergebruik ontvang, sodra die papierwerk en voorbereiding van die stelsel afgehandel is. Dit kom na die Hardapdam goeie invloei gehad het en tans op 16,5 persent staan. Die produsente het meestal boontjies en mielies vir kuilvoer aangeplant met min kommersiële mielies, omdat daar onsekerheid was oor of hulle sal kan besproei. De Klerk het meer.

Die maatskaplike voordeel van die hervatting van besproeiing vir die gebied is baie groot. De Klerk brei uit oor hul dankbaarheid.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *