Dakar: Sneltrajek 4 was uiters uitdagend
Suid-Afrika se Henk Lategan het sy algehele voorsprong by die Dakar-veldren in Saoedi-Arabië behou, nadat hy tweede in fase vier geëindig het. Sneltrajek vier word ook as ‘n marathon-sneltrajek beskryf. Die deelnemers het van Al Henakiyah af na die noordelike stad Alula 415 km gejaag. Ooppadgedeeltes van altesaam 173 km was ook kafgedraf voordat die deelnemers sonder hul diensspanne in ’n spesiale tentkamp oornag. Verskeie omwentelinge onder die topdeelnemers het voorgekom met pap bande wat grootliks die resultate van die Marathon-sneltrajek bepaal het – soos Giniel de Villiers kan getuig.