Cooper Connolly eerste keer gekies vir Australië

Krieket: Die Australiese kolwer, Nathan McSweeny, is herroep vir die komende reeks van drie toetswedstryde teen Sri Lanka en die veelsydige Cooper Connolly is die eerste keer ingesluit. Voormalige kaptein, Steve Smith, sal die span aanvoer in die afwesigheid van die gereelde kaptein, Pat Cummins, en Josh Hazlewood kry ʼn blaaskans na ʼn kuitbesering. Die voorsitter van Australië se keurders, George Bailey, sê hulle is opgewonde oor die geleentheid wat op die nuwe lede in die groep wag, terwyl hulle nou met hulle toetsloopbane begin en hulle spel verder kan ontwikkel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *