Comrades-marathon verlaag kwalifiseringstyd

Padwedlope: Die Comrades-marathonvereniging het bekendgemaak die kwalifiseringmaatstaf vir die 98ste Comrades-marathon is vyf ure vir ʼn standaard marathon van 42,2-kilometer, teenoor die 4-uur-50-minute van voorheen. Voorsitter Mqondisi Ngcobo sê die besluit is daarop gemik om die wedloop meer inklusief te maak, sodat ʼn groter verskeidenheid atlete op 8 Junie aan die ikoniese geleentheid kan deelneem. Ngcobo beklemtoon hierdie besluit is ooreenkomstig die waardes van die marathon van broederskap en deursettingsvermoë. Atlete moet hulle kwalifiserende besonderhede teen 5 Mei indien.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *