Bestuur stadig en versigtig in reën, pleit MVA
Die Motorvoertuigongelukkefonds en ander padveiligheidsbelanghebbendes doen ‘n beroep op alle padgebruikers om uiters versigtig te bestuur in ongunstige weerstoestande. Swaar reën verminder onder meer sigbaarheid en verminder remdoeltreffendheid, wat die risiko van padongelukke aansienlik verhoog. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Rosalia Martins-Haufiku, die fonds se uitvoerende hoof, motoriste versoek om stadiger te ry wanneer dit reën en ‘n veilige volgafstand te handhaaf. Sy is aan die woord.