België sal vier uit ses wedrenne aanbied
Die Belgiese Grand Prix het ‘n ooreenkoms aangegaan sodat hulle vanaf 2026-2031 vir vier uit ses jaar op die Formule 1-kalender bly in ‘n nuwe soort rotasie-ooreenkoms om plek te maak vir nuwe wedrenne. Die ooreenkoms beteken die geskiedkundige Spa-Francorchamps sal nie in 2028 en 2030 ‘n gasheer wees nie. België word deur ‘n ander wedren vervang, hoewel die besonderhede van watter bane dit sal wees, bevestig moet word.