Wentzel Maasdorp vra vandag vir borg na Delia-moord 

Wentzel Maasdorp wat daarvan beskuldig word dat hy sy meisie, die 40-jarige Delia Weimers-Maasdorp, vermoor het, sal vandag formeel aansoek doen om borg. Die saak spruit uit haar moord in April verlede jaar, Sy is toegedraai in ‘n kombers en dood in haar Klein Windhoek woonstel aangetref. Owerhede het lank na haar BMW gesoek wat hy in gevlug het. Hy is op Rundu op 30 April gearresteer. Tydens sy verskyning het landdros Olga Mutafela Likando borg geweier. Milton Engelbrecht het hom pro bono verdedig. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *