Vermiste stapper springlewendig gevind na 2 weke

‘n Stapper wat vir byna twee weke in Nieu-Suid-Wallis, Australië, vermis was, is lewend gevind nadat hy oorleef het op water van stroompies, bessies en twee muesli-stafies. Die mediese student, Hadi Nazari, het op 26 Desember vermis geraak nadat hy tydens ‘n staptog saam met sy vriende in die Kosciuszko Nasionale Park in die Snowy Mountains alleen foto’s wou neem. Honderde mense was deel van soekgeselskappe om die 23-jarige op te spoor. Hy was springlewendig, op en wakker, kon praat en het geen noemenswaardige beserings nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *