Vermeende dwelmmuil van Namibië sukkel met regsverteenwoordiging in SA

’n 30-jarige Namibiese vrou, Pauline Mbangula, wat in September verlede jaar by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg gearresteer is, sal op 26 Februarie haar vierde verskyning voor ’n Johannesburgse landdros maak. Sy het van São Paulo in Brasilië aangekom met meer as 68 kokaïenpakkies in haar maag. Die nasionale uitsaaier berig dat Namibië se hoë kommissaris in Suid-Afrika, Veiccoh Nghiwete, se sy bly an aanhouding by die Johannesburgse korrektiewe fasiliteit, algemeen bekend as Sun City. Die komende verhoor sal ‘n statusopdatering oor haar regsverteenwoordiging hanteer. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *