‘Sister power’ neem toe in die Vatikaan
Pous Franciskus het suster Simona Brambilla aangewys om aan die hoof te staan van ʼn afdeling van die Vatikaan, die eerste vroulike hoof vir die kantoor vir Katolieke godsdienstige ordes en gemeentes. Franciskus wil die bestuur van die Katolieke Kerk hervorm en non Brambilla is ʼn geskiedkundige eerste benoeming as Prefek van die Dikasterie vir die Instituut vir die Toegewyde Lewe en Verenigings van Apostoliese Lewe. Die 59-jarige Brambilla is ‘n voormalige verpleegster wat ʼn sendeling in Mosambiek was en voorheen die adjunkhoof van die departement was. Die Vatikaan gebruik die woord dikasterie om na ministeries of departemente te verwys.