SA-matrieks hoor later of hulle uitslae gepubliseer word
Die buurland matrieks van 2024 sal eers vandag uitvind of hul uitslae volgende week gepubliseer sal word. Die Inligtingsreguleerder het Dinsdag die hof in Pretoria gevra om die publikasie van matriekuitslae dringend te staak, maar regter Ronel Tolmay het die dringendheid bevraagteken met verwysing na ‘n hofbevel van 2022 wat die praktyk toelaat. ‘n Uitspraak rakende die interdik word later vandag verwag. Die reguleerders se prokureur, Kennedy Tsatsawane het aangevoer die publikasie van uitslae met behulp van eksamennommers oortree die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting: