Reuse taak lê voor vir Mahama in Ghana
John Mahama is as nuwe president van Ghana ingehuldig te midde van die ergste ekonomiese krisis in die land in ʼn leeftyd. Die 65-jarige het van 2012 tot 2017 ook as president gedien en het visepresident Mahamudu Bawumia verslaan nadat hy onderneem het om ekonomiese uitdagings, korrupsie en werkloosheid onder die jeug aan te spreek. Mahama se oorwinning in die Desember-verkiesing word beskou as ‘n belangrike toets vir Ghana se demokrasie. Hy het voormalige president Nana Akufo-Addo bedank vir sy diens: