Piepklein verkleurmannetjie onder spesies wat in ’25 gemonitor word
’n Verkleurmannetjie so groot soos ʼn skuifspeld en die walvishaai is van die bedreigde spesies diere en plante wat vanjaar deur bewaringsgesindes gemonitor word. Volgens ‘n internasionale natuurbewarings- en liefdadigheidsgroep, Fauna en Flora, word die spesies bedreig deur habitatverlies, klimaatsverandering, siektes en jagters. Die lys sluit in die kritiek bedreigde Europese nerts, wat in lande soos Roemenië voorkom, ‘n magnolia-spesie wat onlangs in Honduras ontdek is en die groot neushoringvoëlspesie van Suid-Asië.