Onwettige visvangs gaan voort, want ‘owerhede doen niks’
Die goeie reënval het nie net damvlakke aansienlik verbeter nie, maar riviere soos die Zambezi en Okavango het ook verhoogde watervlakke aangeteken. Daar is egter uitdagings, veral die aanhoudende kwessie van onwettige visvang in die noordoostelike riviere. Ten spyte van veelvuldige waarskuwings van die Namibiese polisie in die Zambezi-streek, gaan onwettige visvang, veral snags met behulp van nette, onverpoosd voort weens beperkte wetstoepassingskapasiteit. Mark Paxton van Shamvura-kamp aan die Okavangorivier, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die kwessie is die afgelope 10 tot 15 jaar al onveranderd en daar word niks aan gedoen deur die owerhede nie.