Nanso stel onderwysheffing voor

Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, stel voor dat die regering ‘n onderwysheffing instel om gratis onderwys in die land te ondersteun. Die befondsingsmodel sal onder meer geld gebruik wat uit die land se natuurlike hulpbronne verdien word om tot die heffing by te dra. Tans is die enigste befondsing vir onderwys deur die jaarlikse begroting, wat volgens Nanso nie genoeg is nie en ook problematies is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nanso president Dorothea Nangolo, wat sê hulle kyk na verskeie opsies om onderwys te finansier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *