Meeste SA skole kom skooldrag-riglyne na
Die Mededingingskommissie sê hy is bly dat die meeste skole sy riglyne nakom. Dit volg nadat die kommissie sy verslag oor die uitkomste van ingrypings in skooldragverkryging, bekend gemaak het. Gesinne berei tans voor vir die 2025-skooljaar en Karabo-Motaung Mohlala van die kommissie sê stygende koste van skooldrag en skryfbehoeftes is steeds ‘n aansienlike las. Sy het aan SABC News gesê skole moet hul verskaffers-databasis uitbrei om mededingende pryse aan te moedig.