Los Angeles-inwoners los motors, hardloop weg van veldbrandJanuary 8, 2025

Gillende inwoners van Los Angeles het hul motors agtergelaat om weg te kom van ʼn veldbrand wat baie vinnig op ʼn skilderagtige enklawe van bekendes afgepyl het. ’n Tierende wind het binne ’n kwessie van ʼn paar uur ’n skynbaar doodgewone veldbrand in ’n verwoede inferno omskep en die brand na die gebied rondom Pacific Palisades versprei. Dertig-duisend mense is aangesê om te ontruim. Daar was spoedig verkeersopeenhopings op die belangrikste pad in die gebied, die Pacific Coast Highway, sodat baie motoriste hul voertuie naby Sunset Boulevard gelos en te voet gevlug het.

One thought on “Los Angeles-inwoners los motors, hardloop weg van veldbrand

  1. I’m really impressed with your writing talents and also with the format to your blog. Is that this a paid subject or did you modify it your self? Anyway keep up the nice quality writing, it’s uncommon to peer a great blog like this one today!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *